Leserskring, in samewerking met By en RSG, stel ’n bloemlesing en CD op die Woordfees Skrywersfees bekend met die 100 gewildste Afrikaanse gedigte, soos deur ’n openbare stemming gekies.
’n Bekroonde geselskap verpak al jou gunstelinggedigte in ’n heerlike reis deur die Afrikaanse poësieskatkis. Van Jonker tot Krog, Totius tot Letoit, Opperman tot Small, Marais tot Eitemal.
Met: Stian Bam, Nicole Holm, Marlo Minnaar, Waldemar Schultz en Tinarie van Wyk Loots
Samestelling en regie: Juanita Swanepoel
Vervaardiger: Hugo Theart
6 Maart 14:30 | 7 Maart 20:30 | Japie Krige, Stellenbosch | 90 minute | R100
In 2012 het RSG 3 CD’s uitgegee met “Die Gewildste Afrikaanse Gedigte” . My stiefpa (85) het die klankbaan gehoor en is dringend opsoek na die CD’s as geskenke vir sy broer en 2 susters. (almal bo 80) Ek het al oral navrae gedoen en kan slegs die boek opspoor wat op hul ouderdom nie meer die beste oplossing is nie. Is daar enigsins n moontlikheid dat iemand my kan op die regte spoor plaas aangesien ek dit werklik graag vir hulle sal wil doen. Hulle is almal mal oor gedigte en dit is n groot besprekings punt as hul saam is en daar word gereeld gedigte voorgedra.
By voorbaat dankie.
Susan