Die Boer steek weer kop uit by die KKNK

Durbanville se gewilde restaurant teater keer vir die derde keer terug na die KKNK. En as jy verlede jaar daar was, sal jy weet dit was een van die fees se treffers.


Jurg Human en Margit Meyer-Rödenbeck, die eienaars van Die Boer skerts: “Ons is al twee effens mal. En toe ontdek ons dat ander kunstenaars mal is oor óns malligheid.”

Amanda Strydom skryf: “Margit en Jurg,julle het die byna onmoontlike vermag deur ‘n volwaardige teater restaurant na Oudtshoorn te bring. Die tegniese personeel (klank en beligting) was uitmuntend, die atmosfeer ongelooflik,die gehore was ekstaties, nie net oor die vertonings nie, maar oor die luuksheid van heerlik sit by ‘n tafel in die pragtige dekor van die teater en die wonderlikste kos te geniet deur ‘n briljante sjef,Jean-Louis.”

As jy van goeie vermaak hou is Die Boer die plek vir jou, kompleet met lekker kos. Die Boer se sjef, Jean Louis Geldenhuys, gaan sommer baie kreatief raak en Gerrit Snyman, die stileerder, gaan die venue vreeslik mooi maak – jy sal jou verbeel dat jy in ’n volstruispaleis is.

Dis baie maklik: Kies ’n vertoning en koop ’n kaartjie (by dieselfde plek waar jy al jou ander feeskaartjies kry). As jy iets wil eet, daag jy net vroeër oop. Die restaurant maak twee uur voor elke vertoning oop en bedien ontbyt, middag- en aandete. Kaartjies sluit nie etes en drankies in nie.

Vanjaar sal die derde jaar wees wat Die Boer KKNK sy deure in Oudtshoorn sal oopmaak, en alreeds het hy, net soos “Ouboet” in Durbanville diep spore getrap in die vermaaklikheidskalender van die land. “Die Boer KKNK is ook geensins ‘n replika van Die Boer Durbanville nie. Die konsep is dieselfde, die kos is dieselfde en die akoestiek is selfs beter, maar hierdie “Boerin” het haar eie identiteit met ’n Karoo-aanslag en natuurlik ’n hele paar volstruisvere in die hoed!”

Oudtshoorn se NG Kerk Noord se saal is die venue vir die Boer KKNK en dit is n geweldige taak om so ‘n saal in ’n behoorlike teater en volle funksionele restaurant te omskep. Verskeie verbeterings moes aangebring word, onder andere, ‘n groot permanente decor en beligting-struktuur wat uit die dak gespan word. Die kombuis is ook aansienlik opgeknap en spog na dese met moderne toerusting. Dis nou ’n intieme teater, wat “onherkenbaar is nadat ons met hom klaar is”, en perfek is vir die vertonings wat hier aangebied sal word.

OP DIE PROGRAM
Jak de Priester: Reis na Gister
Francois van Coke Akoesties
Amanda Strydom: ‘n Rugsak vol Robyne
Adam Tas: Want jy is Boer
Jannie du Toit: Bonjour Monsieur Brel
Twee: Piekniek vir Twee

Adres: Adderleystraat 178, Oudtshoorn

Die Boer ligbokse kry vorm in Oudtshoorn
Die Boer ligbokse kry vorm in Oudtshoorn

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar