’n Afrikaanse toneelstuk, Samsa-masjien, het vanjaar die meeste Fleur du Cap-pryse ingepalm.
Die wenners is die naweek aangewys in die Baxter-teater, Kaapstad waar die Fleur du Cap-pryse die 51ste keer toegeken is. Wenners ontvang ’n geldprys en ’n silwermedalje.
2016 se wenners
Beste akteur in ’n hoofrol: Gerben Kamper as Gregor Samsa in Samsa-masjien
Beste aktrise in ’n hoofrol: Sandra Prinsloo as Irina Nikolajewna Arkadina in Die seemeeu
Beste ondersteunende akteur: Sven Ruygrok vir sy rol as die jong man in Epstein: The Man who Made The Beatles
Beste ondersteunende aktrise: Cintaine Schutte as Masja in Die seemeeu
Beste optrede in ’n revue, kabaret of eenpersoonvertoning: Graham Weir vir Dead Yellow Sands as verskillende karakters
Beste akteur in ’n musiekspel of musiekteater: Aubrey Poo as Orpheus McAdoo in Orpheus in Africa
Beste aktrise in ’n musiekspel of musiekteater: Lynelle Kenned vir Maria in West Side Story
Beste ondersteunende akteur in ’n musiekspel of musiekteater: Sne Dladla vir verskillende rolle in Orpheus in Africa
Beste ondersteunende aktrise in ’n musiekspel of musiekteater: Jill Levenberg vir Orpheus in Africa as Lucy Moten
Beste regisseur: Jaco Bouwer vir Samsa-masjien
Beste beligtingsontwerp: Guy de Lancey vir Dead Yellow Sands
Beste stelontwerp: Jaco Bouwer vir Samsa-masjien
Beste kostuumontwerp: Birrie le Roux vir Orpheus in Africa
Beste klankontwerp/oorspronklike klankbaan: Pierre-Henri Wicomb vir Samsa-masjien
Beste nuwe Suid-Afrikaanse teks: Willem Anker vir Samsa-masjien
Rosalie van der Gucht-prys vir ’n nuwe regisseur: Mdu Kweyama vir Missing