Oudword is nie vir sissies nie.
Brille, pille en ou mans-grille staar jou in die gesig. Gaan jy toelaat dat die lewevan jou ’n bitterbal maak? Of gaan jy al die jare se bagasie weggooi, jou valse “waardigheid”, jou gravitas, afskud en die kind in jou herontdek?
En hoe doen jy dit as jy al jare lank dieselfde kind verloën en onderdruk? Belangriker nog, wat doen jy as die kind in jou skielik voor jou staan, jou konfronteer met al die goeie goed wat in
die slag gebly het?
* DEBUUT *
MET Eric Nobbs en Almar Müller
REGIE Johan Esterhuizen
TEKS EN VERVAARDIGER Eric Nobbs
STELONTWERP Eric Nobbs en Johan Esterhuizen
KOSTUUM- EN BELIGTINGSONTWERP Johan Esterhuizen
Genre: Tragi-komedie
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R130
Plek: Laerskool Van Reedesaal, Oudtshoorn
Datum: 24 MAART 20:00 | 25 MAART 09:00 | 26 MAART 13:00 | 27 MAART 09:00 | 28 MAART 09:00 | 29 MAART 20:00 | 30 MAART 09:00
‘n Kat in die duiwehok,
Roekeloos,
21 Maart 2016.
