Beroemd as die kommunis wat Madiba van die galg gered het, was Bram Fischer ook pa, provinsiale rugbyspeler, pianis, lief vir dans en die een helfte van ’n roerende Afrikaanse liefdesverhaal.
Die stuk is gebaseer op navorsing en gesprekke met Bram se medegevangenes Hugh Lewin en Denis Goldberg en sy jongste
dogter, Ilse. Gedagtig aan Ilse se woorde dat haar pa se storie baie meer as net “snot-en-trane” is, word daar gekyk hoe Fischer se Afrikanerwortels sy politieke uitkyk en uiteindelik sy lot bepaal het.
Met David Butler
Teks en regie: Harry Kalmer
Aardklop 2012
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen
Potchefstroom Central School, Potchefstroom
Tyd: 75 minute
Kaartjies: R90
Datum: 2 Okt. – 17:00, 3 Okt. – 20:30, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 14:30, 6 Okt. – 12:00
Lewer kommentaar