As daar een ding is wat ’n feeskat meer geniet as ’n Sandra Prinsloo-tranetrekker, is dit ’n lekker groot stuk koek terwyl hulle wag vir die volgende Chris van Niekerk-vertoning.

Die Koekkabaret het koek, musiek en ’n tranetrekkerstorie of twee. Terwyl jy aan jou koek smul, word gaste stories en liedjies van Suid-Afrika se gootste koeke en terte vertel.

Eie drinkgoed is welkom of kan by Koekela gekoop word. 20 gaste word vir 55 minute vermaak met die land se eerste Koekkabaret.

* Debuut *

Met: Nelien Smith

Regie: DeBeer Cloete en Nelien Smith

Teks: Nelien Smith, Anton Smith
Musiek: Petrus van Wyk en Nelien Smith
Vervaardiger: Lien

Die koekkabaret
Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans, English
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies: R150
Plek: Koekela (17 Reid St, Westdene), Bloemfontein
Datum: 9 – 14 Julie 12:00, 16:00 & 18:00

Vrystaat Kunstefees 2018


Die koekkabaret


Die koekkabaret


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar