Die uwe … Pottie Potgieter

Die komiese dog roerende verhaal oor die wel en wee van Pottie Potgieter, ‘n middeljarige man wat sy werk as boekhouer by Theron, Visser en Dlamini verloor na twintig jaar se diens.

Die toneel speel af in Pottie se sitkamer. Hy kom sopas terug van sy 143ste werksonderhoud. Werk is skaars vir ‘n bakkies soos syne.

Pottie probeer uitwerk waar dinge verkeerd geloop het, en wat geword het van al sy drome en ambisies. Hy neem die gehoor op ‘n reis deur die wereld van die werklose, hy besef dis eers wanneer jy werkloos is dat jy ander werkloses raaksien.

Pottie het nog probleme, hy het nog nie sy vrou vertel dat hy sewe maande gelede gefire is nie. So tussen RSG op die radio, die classifieds in die koerant, onsuksesvolle werksonderhoude en rondspeel met ‘n kamera met die oog op ‘n selfhelp video vir werklose middeljarige witmans, vlieg Pottie se lewe in 65 minute verby …

As hy uiteindelik deurkom na Nicky van den Berg op Sê wie kan hy van sy verlede ontslae raak en hom toespits op die toekoms.

Met: Frank Opperman

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Terug pieng: Wyk 14 | Roekeloos

Lewer kommentaar

Leave a Reply