Sneeuwatjie? – ‘n Pantomini

Die geselskap van Aswoestertjie – die Pantomini is terug met ‘n splinternuwe Pantomini.

Die keer is dit die bekende sprokie van Sneeuwitjie wat verwerk is, met al die gepaardgaande kwinkslae en vermiste geselskap lede wat vir vermaak sorg.

Sneeuwatjie? – die Pantomini behoort weer vermaak vir die hele gesin te verskaf met sewe dwerge, ‘n houtkapper, ‘n prins en ‘n nare stiefma wat sorg vir ‘n komiese hutspot vol verassings.

Die geselskap se pogings om ‘n spektakel te skep ondanks hulle beperkte begroting sorg ook vir komieklike improvisasie.

In die rolverdeling is bekende komediant Leon Kruger, Floyed de Vaal, Frieda van den Heever en Stephanie Hough. Gaerin Hauptfleisch is verantwoordelik vir die teks en regie.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sneeuwatjie
Sneeuwatjie

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar