Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 198 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021.

Alle DStv-intekenaars met ’n Premium- of Compact Plus-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die Woordfeesprogram is: boeke en skrywers, toneel, kontemporêre en klassieke musiek, stand-up, leefstyl, diskoers, visuele kuns en dans. Daar sal ook herhalings van uitgesoekte inhoud op die fees-TV-kanaal wees.

Die program word saamgestel spesifiek met TV in gedagte. Deelname sal dus hoofsaaklik op uitnodiging wees.

Lewer kommentaar

Leave a Reply