Met die 50 jaar-herdenking van die gedwonge verskuiwings van inwoners uit Distrik 6, poog David Kramer in sy splinternuwe produksie, District 6: Kanala, om aan die gehoor ’n omvattende ervaring van die destydse Distrik 6 te gee. Die musiekblyspel begin vandeesmaand by die Fugard-teater in Kaapstad.
