Dowwe Dolla vat steeds die langpad met toere wat laasjaar moes klaar, maar toe word alles uitgestel.  Gelukkig glo Dolla nie in die die uitdrukking van uitstel kom afstel nie en daarom is Rawsonville deel van een van haar laaste koebaai-waai-toere.

“Wokeness” staan sterk en kunstenaars is sonder werk, Cyril se paddas is in die pot en Ace is besig om te plot.   Eskom se volgende reddingspakket is n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop nou ratel-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar Dolla sê: vang my nou op stage of nooit!

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (op klavier)

Teks en regie: Jurgen Human

Geen onder 16 jaar, aangesien Ouma Dowe Dolla nie ‘n wag voor die mond het nie.

22 Sept Pretoria- Pierneef Teater – 19:00 (www.pierneefteater.com)

23 Sept Nelspruit- Gaan Bos Innimall- 18:00 (i’langa Mall se sentrumbestuurkantoor)

24 Sept Wellington- Bordienghuis Teater- 19:00 (0611565386)

25 Sept Onrus- Kalfiefees- De Wetsaal- 19:00 (Computicket)

28,29 Sept Rawsonville- Stalle Cabriere- 19:00 (0714899279)

30 Sept Robertson- Red Chair Bistro – 18:00 (0834327545)

1 Okt  Stellenbosch- Drostdy Teater- 20:15 (Computicket)

2 Okt   Paternoster- Die Koelkamers- 19:30 (www.diekoelkamers.com)

Lewer kommentaar

Leave a Reply