Nadat hy ontdek het dat sy bakkie gesteel is, onthou Dean September (Le Cordeur) die verskillende ervarings wat aan daardie wiele gekoppel is. Die Nissan 1400, wat op sy 21ste verjaardag aan hom geskenk is, was lewensveranderend. Onafhanklikheid en avontuur het gevolg, insluitend die ontdekking van sy eerste liefde, die oorleef van ‘n gebroke hart en ‘n nare padwoede-ontmoeting. Met musiek uit die 90’s ontmoet die gehoor verskeie karakters en ervaar die Kaap vanuit ‘n vars perspektief.

Regisseur: Dean van der Ventel
Teks en spel: Jeremeo le Cordeur
Verhoogbesuurder: Kaylin Leigh Khan
Stelontwerp: Gaerin Hauptfleisch
Nasionale Kunstefees 2023
St. Andrew’s Hall
24 & 25 Junie 2023