Ek Wens, ek wens is ‘n fabelagtige verhaal oor Seb, ‘n lykbesorger wat ‘n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede, en hy sien lankal nie meer die wonder en grootsheid van die lewe raak nie. Tot hy eendag ‘n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens? ‘n Ander werk, ‘n klomp geld, beter verhoudings met die mense om my? Wat is vir my belangrik? Wat wil ek die graagste in my lewe hê?

Daarom is  die sprokiesagtige  Ek wens, ek wens veral geskik vir nou. Hierdie teks en produksie wil die publiek juis dít laat doen: vir ’n oomblik weer fokus op dit wat die lewe wonderbaarlik, eerlik, eg en mooi maak. Om ons kinderlike welwillendheid en onskuld weer te vind.

Drostdy Teater, Stellenbosch

1-5 Februarie 2022  – 19h00

6 Februarie 2022 – 15h00

Frank Opperman in Ek wens ek wens
Frank Opperman in Ek wens ek wens

Lewer kommentaar

Leave a Reply