Ekasi Lam’ An Ode to Kwaito, Un-Owed to Kwaito gaan van die standpunt uit dat daar geen ander genre as kwaito is wat die township lewe so akkuraat kan uitbeeld nie.

Die stuk stel voordat kwaito en al die verwante subgenres die lewende kultuur van Johannesburg se suidwestelike townships is , asook elke kasi buite Soweto.

Skrywer en regisseur Jefferson Bobs Tshabalala en musikale regisseur Bernett Mlungo gebruik scamtho poësie om dié unieke verhaal van Suid-Afrikaanse kwaito te vertel en hoe dit insig bied in hoë die meerderheid van Mzansi se mense  leef.

Kwaito se temas is vêrreikend en formidabel.  Net soos hip-hop is kwaito digkuns van die straat af, sosiale kommentaar met behulp van die lirieke wat die sanger se standpunt reflekteer.  Van gelaaide politieke standpunte tot ’n oproep om betrokke te raak by sosiale kwessies. Van kulturele kritiek tot slim introspeksie.  

Regisser: J Bobs Tshabalala

Musikale regisseur: Bernett Mlungo

Projekbestuurder: Nontobeko Mkhatshwa

Met: Simpho Mathenjwa, Andisiwe Mpinda, Khutjo Green en Lucky Ndlovu

By Rhodes Box Grahamstad van 5 tot 7 Julie 2019. Kaartjies: R80. Ouderdomsbeperking is 16 jaar plus.

Lewer kommentaar

Leave a Reply