Die kunstenaar en sy medewerkers ondersoek tussen-in ruimtes. Dit sluit in die onbegryplike grense van die heelal met die aarde as ons “ruimteskip”, tot die vervlietende ervaring van die alledaagse.

The Vertical Journey inisieer hiermee ook ’n ontdekking van uitdrukking: die bekendstelling van ’n reeks planetarium-koepel kortfilms word vergesel deur gepaardgaande improvisasies.

Dié ontdekking is ontwikkel deur kreatiewe eksperimente met plaaslike kunstenaars, leerders van Navalsig Hoërskool, die Naval Hill Planetarium en die Boyden Observatorium. Die ambisieuse projek poog om die geheime van die nimmereindigende hemelruim te verbeel, oop te vlek en te verhelder, terwyl dit terselfdertyd die onbesonge verhale laat opklink van die mense wat woon waar die planetariumkoepel tuis is.

Met: Marcus Neustetter, Manzikazi Scota, Mariette Erwee, Ofentse Letebele, Sifiso Teddy Mhlambi, Wayne Reddiar, Xolisile Bongwana & Mark Edwards

Kurator: Angela de Jesus

PIKO-koördineerder: Miné Kleynhans

Gratis by die Naval Hill Planetarium, 6 Julie 2019.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar