A.I.R. (Altitude Immersive Radio)

’n Boekbekendstelling in die vorm van ’n openbare opvoering, die plaaslike gemeenskap wat as ’n “openbare kunswerk” dien, ’n transmissiewolk geskep deur radiouitsendings en ’n radiopiekniek op Hoffmanplein is vanjaar die vlagskipproduksie van die Program vir Innovasie en Kunstevormontwikkeling (Pika) op die Vrystaat Kunstefees.