Jy het nog tot 10 November om dié vloeiende musikale verhaal by die Kunstekaap Teater in Kaapstad te geniet.
‘n Storie met ‘n hoë potgeld dobbel-element, welmenende sendelinge en onwaarskynlik romanse wat gehore meevoer vanaf die besige strate van New York in die 1930s en blootstel aan die tango-ritmes van ‘n Kubaanse nagklub. Dit wissel van die komedie van die gewaagde Hot Box tot die drama van ‘n ondergrondse craps-spel.
Kaartjies kos van R165 tot R250.
