Dié vertaling van die 2007 Pulitzerpryswenner handel oor Bekka en Herman Viljee, en ’n tragedie wat hul lewens onherroepelik verander.
Die egpaar, beide soekend, maak soms gevaarlike keuses in ’n poging om hul verlies te verwerk. Soms tragies, soms komies, deurlopend eerlik.
Deur David Lindsay-Abaire; vertaling: Martelize Kolver
Met Stephanie Hough, Morné Visser, Martelize Kolver, Joanie Combrink en Gershwin Mias
Regie: Juanita Swanepoel & Suzaan Keyter
’n US Woordfees-Clover Aardklop ko-produksie aangebied deur Klein Libertas Teater Produksies.
2 Maart 10:00 | 3 Maart 14:30 | 5 Maart 20:30 | Japie Krige-ouditorium | 105 minute | R120 volwassenes, R80 pensioenarisse en studente
Lewer kommentaar