#innibos 4000 myl

4000 myl
Roekeloos
10 Mei

Wanneer die 92 jarige Vera (Annelise Weiland) een oggend ’n lawaai in die haar woonstel hoor, weet sy nie of sy wakker is of droom nie.

In elk geval, haar tande is nog in die glas en haar gehoorapparaat in die laai. In die voordeur staan Leo, haar 21-jarige kleinseun (Vilje Maritz) wat saam met sy beste vriend ’n 4 maande fietstoer
deur die land aangepak het.

Al wat Vera weet, is dat daar iets verskrikliks langs die pad gebeur het en dat niemand die afgelope maand ’n woord van Leo gehoor het nie. En nou staan haar lenige, fikse kleinseun, fiets en al in haar woonstel. Wat maak mens nou? Tee. Jy maak tee.

Leo het nêrens anders om te gaan nie. Die insident op die N1 naby Bloem jaag hom. Vera se frustrasie is dat, hoe sy hom ook al wil help, die woorde is nie altyd daar nie, want deesdae vind sy gate in haar kop waar die bekende woorde eers gebly het. Maar sy’s ’n springlewendige 92-jarige wat alleen bly en hardekwas na haarself kyk.

En so begin ’n storie oor generasies heen van twee bloedverwante mense – die een naby die einde, die ander by die begin – en hulle poging om saam met mekaar te leef.

Met: Annelise Weiland, Viljé Maritz, Karli Heine en Crystal Donna Roberts</strong>
Regie: Hennie van Greunen
Teks: Amy Herzog (vertaal deur Hennie van Greunen)
Verhoogbestuurder: Maryke van Jaarsveld

Genre: Komedie / Drama
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R 112
Venue: Nelspruit Stadsteater
Datum en tyd: Di 1 Julie 18:00, Wo 2 Julie 09:00, Do 3 Julie 14:00, Vr 4 Julie 19:00 en Sa 5 Julie 09:00

innibos 2014

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply