Die Waarsêer is nie maar net ʼn storie nie.
Dis die ware verhaal van ʼn man wie se sinlose en droomlose bestaan skielik deur ʼn skynbaar toevallige gebeurtenis op sy kop gekeer word. Hy word die Waarsêer en sy woorde van waarheid verander onherroeplik die mense se lewens.
Sy naam was Kiewiet. Hy het meer as sestig jaar gelede op die platteland gelewe. Sy verhaal neem verrassende wendings, maar dis Kiewiet se binnetoe-reis wat gehore gaan aangryp. En die ontdekking van die Kiewiet in elkeen van ons.
Hierdie is verhaal met intriges en humor en verrassings. Die Waarsêer is ʼn verhaal met siel. ’n Besliste moet-sien-produksie.
Met: David Rees, Hannes Brümmer, André Stolz, Heidi Mollentze
Regie: Elizma Badenhorst
Teks: Barry van Rensburg
Produksiebestuurder: Jaline Connoway
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 100 minute
Kaartjies: R 102
Plek: eNUUS Nelspruit Stadsteater, Nelspruit
Datum: Di 30 Jun 18:00; Wo 1 Jul 10:00; Do 2 Jul 18:00; Vry 3 Jul 10:00; Sa 4 Jul 16:00
Die Waarsêer,
Roekeloos,
9 Mei 2015.