Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegang maaltyd voor vir Brian se verjaarsdag.
Brian was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe.
Irma, ’n vurige verpleegster en haar beste vriendin is ook daar om ’n hand by te sit. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word, sal die dag ’n wending neem wat al die karakters se lewens vir ewig sal verander.
Die Dag is Bros is ’n treffende drama oor familie, oor vergifnis en herinneringe wat ons altyd sal bybly. Moenie hierdie kragtoer deur die veelbekroonde Sandra Prinsloo en geskryf deur die Fiësta-wenner Wessel Pretorius misloop nie. Dit beloof ’n vertoning wat jou aan die hart sal ruk.
Met Sandra Prinsloo, Nicole Holm, Ben Albertyn en Dean Smith
Regie: Neil Coppen
Teks: Wessel Pretorius
Vervaardiger: Wessel Pretorius
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 100 minute
Kaartjies: R 102
Plek: eNUUS Nelspruit Stadsteater, Nelspruit
Datum: Di 30 Jun 12:00; Wo 1 Jul 18:00; Do 2 Jul 10:00; Vry 3 Jul 17:00; Sa 4 Jul 10:00
Die dag is bros,
Roekeloos,
9 Mei 2015.