Innie rof

Neels van Jaarsveld is … Innie rof.


Ek is baie algemeen. Die ou langsaan. Die gewone ou. Ek is so gewoon, die register-onderwyser deur my hele hoërskoolloopbaan was verras toe sy een oggend in matriek my naam uitlees en nie kon help om te vra nie: Hoe lank is jy al hier?

Ek is so algemeen, ek kan na enigiemand óf na niemand lyk. Ek is so gewoon dat as jy my van ’n sekere hoek af kyk, lyk ek soos almal se buurman. Ek is so algemeen soos margarine, aartappelslaai en SASKO-meel. Ek is so algemeen honde blaf nie vir my nie. Ek is so gewoon en oninteressant soos gras. Ek is Jan Alleman … en toe begin ek Gholf speel!

’n Skaterlag komedie uit die pen van die bekende komedie skrywer, Leon Kruger.

Met: Neels van Jaarsveld
Regie: Leon Kruger
Teks: Leon Kruger
Vervaardiger: 3 Bal Produksies

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R 122
Plek: Pickfords Laeveld Laerskool, Nelspruit
Datum: Wo 1 Jul 10:00; Do 2 Jul 19:00; Vry 3 Jul 10:00; Sa 4 Jul 09:00

Neels van Jaarsveld, Innie rof
Neels van Jaarsveld, Innie rof

Innie rof,
Roekeloos,
8 Mei 2015.

innibos 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar