Jack Parow en sy swanger meisie Jenna Pietersen trek hulle klere uit vir die Maart uitgawe van die Suid-Afrikaanse weergawe van die Marie Claire.
Dié twee is op die voorblad van “The Naked issue”.
Marie Claire publiseer jaarliks ‘n “naakte” uitgawe ter ondersteuning van ‘n liefdadigheidsorganisasie. 31 ander bekendes is ook sonder klere in die 2012 weergawe. Dit sluit in die Locnville-tweeling Andrew en Brian Chaplin, die komediant en akteur Joey Rasdien, 5fm-platejoggie Kim Schulze en die Springbok-skrumskakel Francois Hougaard.
Die naakte uitgawe is vanaf volgende week te koop.

