Gaan vier saam Vrouedag by die Whale Rock restaurant by die Nuwe Hawe in Hermanus, geniet die uitsig en luister na Hannes van Wyk.
As bekende akteur en televisie aanbieder het hy so baie dinge wat hy wil hê ma’s en vrouens moet weet. Hy self het ‘n wonderlike verhouding met sy eie ma. Gevolglik het hy sy eie spesiale program hieroor geskryf om vir ma’s te vertel hoe kosbaar hulle is.
Saam met hom sal Lize Beekman met haar besondere stem en liedjies. Sy is iemand wat hoofsaaklik haar eie liedjies sing en het ook al verskeie toekennings ontvang. Sy het ook al vir verskeie bekende kunstenaars liedjies geskryf en een van haar bekendste is “’n Sonneblom uit Bethlehem”. Verder is daar heerlike versnaperinge op die spyskaart sowel as vele trekkings met heerlike pryse.
Genre: Drama & Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 120 minute
Kaartjies: R160
Plek: Whale Rock Restaurant, Hermanus
Datum: Saterdag 8 Augustus 2015, 09:30
Vrouedag met Hannes van Wyk,
Roekeloos,
19 Julie 2015.