Klei

Klei, ´n komedie deur Leon Kruger onder leiding van Gaerin Hauptfleisch. Dit vertel die verhaal van die volmaakte man – Ferdinand de Wet (Leon Kruger).

Die stuk volg sy eksentrieke lewe van oorhaastige sperm wat nie kan wag om die eier te besoek nie tot die pensionaris wat nie meer ´n keuse het nie – hy moet wag – wag op iets waarvan hy al gehoor het maar nie ken nie.

Ferdinand de Wet se lewe kry vorm aan die hand van die tempramentele kunstenaar Jare (soos in ouderdom). Volgens Jare is dit elke individu se ondervindinge wat bepaal hoe hy lyk as hy by die einde van sy lewenspad kom.

Dit is juis die mense wat oorhaastig is vir die dag van môre wat ontevrede by die eindpunt aankom …

Jare gebruik Ferdinand de Wet se ondervindings en ervarings om hom te neem van mal adolessent wat nie weet wie Ferdie is nie tot die ou Ferdie wat met ´n geruste hart nie meer die dag van môre vrees nie.

Kruger is by die onlangse Aardklop Kunstefees nie net genomineer vir die Anglo Gold prys vir oorspronklike teks nie, maar het ook Potchefstroomse feesgangers aan die praat gehad met sy hoogs vermaaklike vertolking in Klei.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar