Tewe

Hoe baie hoor jy mense se dat hulle nie ´n vertoning wil gaan kyk nie, omdat hulle nie die akteurs of die skywer of regisseur ken nie? Dis eers wanneer nuwe talent saam met OU talent op die planke klim, voordat hulle tot hul eie reg kom. Tewe is die inisiatief van 4 nuwe en opkomende sterre om van ou teater ontslae te raak en iets nuuts en oorsponklik vir ´n nuwe generasie teatergangers aan te bied. Tewe is Heleni Handt (Skrywer, Regisseur en Vervaardiger) se debut stuk. Die teks het op plekke gate, maar in die geheel, is dit vol vars en verrassende oomblikke. ´n Paar preek-monoloë doen egter afbreuk aan ´n anders goed gestruktueerde stuk teater. Die dae van “kry my jammer, ek is ´n lesbeen wat so baie onregverdighede moes beleef” of “Dis mos ´n sonde” is lank verby en ons is ´n bietjie moeg om daarvan te hoor. Die stuk is beslis die geld werd met Natasja Jacobs se absolute briljante vertolking van Ster, die leierfiguur van die groep tronkvoëls wat beplan om te ontsnap. Daar is egter net een probleem: Daar is drie wat die hok wil spring, maar daar is net plek vir twee in die motor waarmee hulle moet wegkom.

Natasja Jacobs; Erla Wahl; Pertra van der Merwe.
Regie deur Heleni Handt.

skrywer: Orrin Thompson

Lewer kommentaar

Leave a Reply