Koos Meyer oorlede

Bekende Afrikaanse storieverteller, Koos Meyer, is vroeg vanoggend (Dinsdag 17 Oktober 2000) oorlede. Hy het gesterf weens beserings wat hy opgedoen het toe hy in ´n ongeluk was, waarin Tolla van der Merwe en Ollie Viljoen se vrou, Estelle, ook gesterf het.

Oom Koos was nie net ´n grapmaker en storieverteller nie, maar ook ´n natuurkundige en antropoloog. Volgens die hospitaal het hy nooit ten volle herstel na die trauma van die ongeluk nie. Hy was 80 jaar oud.

Lewer kommentaar

Leave a Reply