Le Moulin Rouge

Teen die agtergrond van Parys tydens die Tweede Wêreldoorlog, word die lewens van dié wat by die wêreld se berugste nagklub arriveer, verewig verander.

Dié kragtige musiekblyspel deur die Carnivals of Heart amateur teatergroep in die Kunstekaap Teater, bevat bekende liedjies en het ‘n rolverdeling van 101 dansers, sangers en akteurs, wat ‘n sterk boodskap oordra van hoop, oorlewing en die wete dat dit nooit te laat is om jou eie hart vry te stel nie.

Kunstekaap, Kaapstad
14 – 17 Maart
Kaartjies wissel van R90 tot R140.

Lewer kommentaar

Leave a Reply