In 1913 in Parys debuteer ’n produksie van Ballets Russes met musiek deur Igor Stravinsky en choreografie deur Vaslav Nijinsky – Le Sacre du Printemps (Die ritueel van die lente). Vandag, meer as 100 jaar later, is dit nog net so fassinerend.
John Neumeier se weergawe, Le Sacre, verruil die Russiese lente vir ’n metaforiese blik op die mens se neiging tot aggressie en selfvernietiging. Op ’n planeet geteister deur konflik is die tema ongelukkig altyd aktueel.
Neumeier se weergawe het ’n debuut gemaak in 1972 in Frankfurt, Duitsland, met die Suid-Afrikaanse debuut verlede jaar. Vanjaar is dit beslis een van die hoogtepunte in Grahamstad.
Le Sacre word opgevoer saam met Neumeier se Spring and Fall.
Met: Sarah-Lee Chapman, Laura Bosenberg, Milwhynne Williams, Rosamund Ford, Claire Spector, Thomas Thorne, Bradley van Heerden & dansers van die Kaapse Stadsballet.
Choreograaf: John Neumeier
Assistent-choreograaf: Victor Hughes
Musiek: Igor Stravinsky
Dekor: John Neumeier
Kostuums: John Neumeier
Balletmeester: Robin van Wyk
Beligting: John Neumeier
Genre: Dans
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R 75, R 85, R95 & R 105
Plek: Guy Butler Teater, Grahamstad
Datum: 2 & 3 Julie 2015
Le Sacre,
Roekeloos,
15 Mei 2015.