Liesl Marx met Die Vet-Faktor

Vet is ’n onlosmaaklike faktor in elke vrou se lewe. Kom kyk saam met Liesl Marx na haar vet- en maer jare nadat elke mite, dieet en kitsoplossing beproef is!

Hierdie eenvrouvertoning van die vrou met die reusagtige boude, néé, stém, beloof vet pret te wees. Die musiek sal jou die beste workout gee wat jy in ’n lang tyd gehad het.

Laat jou hart jou gewig weeg sodat jy jouself aanvaar soos jy is. Bring jou beste
vriendin en kom lag jou … vet … af.

Met Liesl Marx, Nathan Smith en JP van Schalkwyk
Teks: Hanli Rolfes
Regie: Marion Holm
Musiekregie: Devereaux van der Hoven
Verhoogbestuurder en kostuumontwerp: Mariska Meyer

innibos 2013

Datum en tyd: Wo 26 Junie 10:00, Do 27 Junie 14:00, Vr 28 Junie 20:00, Sa 29
Junie 13:00
Venue: Laerskool Laeveld, Nelspruit
Tydsduur: 70 minute
Prys: R102

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar