Iewers tussen haar herfs- en winterjare sit Magda Louw met leënes-, menopouse- en oortolllige middelrif-sindroom.
Almal het al ’n Magda ontmoet en liefgekry, of loop haar dalk self soggens in die spieël raak.
In dié opvoering neem sy ons saam op ’n besoek aan die ginekoloog.
Sy weet hoe om te lag, ondanks die bittere feite van oud word, eensaamheid en bleddie skaal wat nie wil toegee nie.
Met: Desiré Gardner
Regisseur: Hannes van Wyk
Teks: Desiré Gardner
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: Drostdy-teater, Stellenbosch
Datum: 9 Maart 20:30, 10 Maart 17:00, 12 Maart 13:00
Woordfees 2017
Magda Louw
Magda Louw
Roekeloos
3
