In hierdie vertoning word die klanke van Emile Minnie verweef met die komiese vertellings van Louise van Zyl. Die stuk word by die Kalfiefees bekendgestel en beloof om uitmuntende vermaak te verskaf.
Emile word deur Laurika Rauch beskryf as een van SA se top-Afrikaanse liedjieskrywers. Nagmusiek is benoem vir ’n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse album, hy was derde in die Huisgenoot se Tempo-liedjieskryfkompetisie, en hy is benoem vir ’n Kanna vir beste kabaret by die KKNK. Hierdie etensuurkonsert is ’n produk van Sprokkelster Produksies.
Vat jou piekniekmandjie en kom geniet ’n uur vol vermaak.
Vrydag 9 Augustus 13:00
De Wetsaal, R100, 60min. Geen o.12 (taal)

