La Femme! is ’n visueel- en ouditief- betowerende produksie.

Die passie, geesdrif en intensiteit van outentieke, kontemporêre Flamenco-dans word gekombineer met die warm, komplekse, sensuele klanke van klassieke kitaar.

Internasionaal-bekroonde danser en choreograaf, Tanya Diamond, en konsert-kitaarspeler en lektor aan die Stellenbosch Konservatorium, Nina Fourie-Gouws, span artistieke kragte saam, met werke van Albéniz,
Brouwer, Barrios, Domeniconi, Ibert, Tárrega en Vivaldi. Lede van die SoloFLAMENCO dansstudio bied tradisionele Spaanse begeleiding, met onder andere kastanjette, klapkassies en palmas.

R130 (R140 by die deur) | NGMoederkerk, Oudtshoorn | 8 Augustus 2019

Klein Karoo Klassique

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar