Wanneer die enfant terrible van Afrikaanse teater besluit om sy stempel af te druk op haar man se grootste toneelstuk, het hy Nellie Bonnema se ondersteuning nodig.
Op die aand van die glansryke première trek Nellie aan, reg vir teater. Die pêrels wat haar man op hul troudag vir haar gegee het, word ’n rosary van herinneringe, en terwyl sy wag dat die jong regisseur haar kom oplaai, hoor ons haar hele, hartroerende storie.
Na die ongelooflike sukses van Die naaimasjien en Oskar en die pienk tannie keer Sandra Prinsloo terug in ’n nuwe solovertoning, Moedertaal, ’n beeldskone verhaal van deernis, liefde en Afrikaans, uit die pen van Nico Scheepers.
* Debuut *
Met: Sandra Prinsloo
Teks, regie en vervaardiger: Nico Scheepers
Musiek: Liesel Harris-Kruger
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 12 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R125
Plek: Gimsaal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 09:00; 9 April 09:00; 10 April 12:30; 11 April 19:30; 12 April 16:00
KKNK 2017
Moedertaal
Moedertaal
Roekeloos
3
