Moegoeman en die Afrikane

Die produksie ondersoek, met behulp van satiere, komedie en fisieke komedie onder andere die term Afrikaan, deur vir Moegoeman (Militêre Operateur, EersteGraads, Onafhanklik, mEt MAgtigingsvlak iNternasionaal: reeks 23775), die regering se nuutste geheime wapen, op ‘n lewensgevaarlike sending te stuur om ‘n naburige despoot en outokraat permanent te verwyder, natuurlik stilletjies, maar redelik ondiplomaties.

Moegoeman is opgelei tot vlakke wat ‘n recce sal laat bloos en James Bond na ‘n WP rugby speler sal laat lyk (m.a.w. Useless). Na vele avonture en ondersteun deur sy Afrikaan’se en Afrikaanse span kom ‘n paar gruwelike waarhede en dan ook onwaarhede op die lappe. Sy baas, Marina “Military” Masepo is ook nie so onskuldig as wat sy voorkom nie wat sorg vir meer skelmstreke as by ‘n regerings tender toekenning.

Met vernuftige rekwisiete en ‘n spannetjie energieke akteurs word die hele Afrika vol getoer. Sake word op ‘n spits gedryf as verskeie karakters ontbloot en ontmasker word met verassende resultate.

Die teks en regie is deur Gaerin Hauptfleisch met Floyed de Vaal, Stephanie Hough, Vuyo Mgijima en Frieda van den Heever in die rolverdeling.

Moegoeman en die Afrikane
Moegoeman en die Afrikane

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply