Die Kaapse Stadsballet skop 2018 af met ’n knal – ’n verwerking van Alexander Poesjkin se kortverhaal, Mozart en Salieri.
Die choreograaf Marc Goldberg het die produksie ’n 21ste eeu baadjie gegee. Indien jy nie vertroud is met die storie nie; Mozart en die hofkomponis daai tyd, Antonio Salieri, kon mekaar glo nie verdra nie. Jaloesie en sabotasie is aan die orde van die dag nadat die vrome Salieri Mozart vir die eerste keer ontmoet. Dit is egter nie net ’n verhaal van afguns nie. Die beeld ook die liefdesverhaal uit van Mozart en Constanze.
Dit het drie jaar geneem om hierdie produksie op die planke te bring.
Mozart and Salieri is by die Kunstekaap op die planke die volgende datums: 7, 10, 11, 14 en 17 Februarie 2018. Kaartjies wissel van R150 tot R270.

(foto: Micheal Groenewald)