My pa dink hy’s Elvis

Bekroonde skrywer Reinet Nagtegaal en haar seun Jan-Jan ondersoek met hierdie stuk die delikate verhouding tussen ‘n pa en sy tienerseun.

Pa Hennie is ‘n Elvis nabootser en sleep sy teësinnige seun saam op sy Elvistoer deur die Karoo as tegniese assistent en seremoniemeester. Dit was Hennie se ma se voorstel dat hy saam met sy pa reis – as versoeningsgebaar in ’n wankelende verhouding.

Hennie is MC, beligtingsman, klankman, ma se kleinman, pa se twyfelman, en die gehoor se Ja!-man.

Veteraanakteur Ben Kruger (oom Gert van 7de laan) se nostalgiese Elvisuitbeelding laat die voete jeuk terwyl die konfrontasies tussen pa en seun pendel tussen komies en hartroerend.

Elvis se seun Hennie word gespeel deur Viljé Maritz. Viljé se deurbraak was as nuweling as die hoofkarakter in Breinbliksem, en hy is tans te sien as Gys in Binnelanders.

Die produksie is geskik vir alle ouderdomme en teen die agtergrond van ‘n kastige drab Elvis show op die platteland raak My pa dink hy’s Elvis meer kwessies aan as op die oog af. Dit, en Elvis die impersonator beloof hoog drama en vermaak.

Ben Kruger en Viljé Maritz
Ben Kruger en Viljé Maritz

Regisseur: Albert Maritz
Skrywer: Reinet en Jan-Jan Nagtegaal
Verhoogbestuurder: Gaerin Hauptfleisch

My pa dink hy’s Elvis is op 25 Mei en 2 Junie by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch.
Besprekings: 021 883 8164 of info@kleinlibertasteater.co.za

Op 27 & 28 Mei is hulle by Die Boer in Durbanville.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply