Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af.
Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien?
Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie; miskien is albei verlief op dieselfde meisie, of dalk lê hulle verskille veel dieper. En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur – weet Ma meer as wat sy voorgee – en by wie lê haar lojaliteit?
’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal, met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae.
Geïnspireer deur Arthur Miller se All my sons.
* Debuut *
Met: Sandra Prinsloo, André Odendaal, Sandi Schultz, Edwin van der Walt, Donovan Pietersen en Buhle Ngaba
Teks en Regie: Christo Davids
Ontwerp: Wilhelm Disbergen
Klankbaan: Les Javan
Verhoogbestuur: Mariska Meyer
My seuns
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R140
Plek: Banketsaal, Potchefstroom
Datum: 2 Okt 10:00 3 Okt 20:00 4 Okt 10:00 5 Okt 13:30 6 Okt 15:00
My seuns
My seuns
Roekeloos
2.5