Die room van Suid-Afrika se klassieke jeugmusici tussen die ouderdomme van 14 en 19 is oorgehaal om sake uit te spook vir die gesogte eerste prys van die 34ste Nasionale Jeugmusiekkompetisie van 9 tot 13 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad.

Vanjaar, ná landwye oudisies, is slegs 19 deelnemers vir die kompetisie gekeur. Hulle is van Gauteng, Oos-Kaap, die Vrystaat en die Wes-Kaap.

Bo en behalwe die meer R145 000 in prysgeld, Goud, silwer and brons medaljes; sal die algehele wenner ook genooi word om by ‘n uitvoering by Overstrand Kunste in Hermanus op te tree. Wes-Kaapse finaliste sal op uitnodiging van die Hugo Lambrechts Trust in ‘n uitvoering by die Hugo Lambrechts-Ouditorium speel. Die beste pianis sal voorts genooi word vir ‘n uitvoering by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.

Blaasinstrumentspelers is vanjaar in die meerderheid (agt) gevolg deur pianiste (sewe) en vier strykers. Gemeet aan die inskrywings, lyk dit of die saksofoon al hoe gewilder word onder die jeug met drie saksofoonspelers onder die mededingers.

“Net om vir die wedstryd te kwalifiseer is klaar ‘n prestasie vir elke deelnemer. Die kompetisie vereis, tegniese uitmuntendheid en sterk vertolkingsvermoëns sienende dat die jongelinge oor vier rondes meeding en en ‘n omvattende repertoire van musiekstukke moet speel,” sê Michael Maas, stigter en voorsitter van die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS).

Die jongste twee deelnemers, 14, is van die Wes-Kaap. Daar is altesaam 12 spelers van die Wes-Kaap, vier van Gauteng, twee van die Vrystaat en een kom van die Oos-Kaap af.

Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie aangebied deur die NJMS en ondersteun deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) en Fine Music Radio, (FMR), is vir klassieke musici wat te jonk is om vir die UNISA Internasionale Musiek- en die ATKV Muziq kompetisies te kwalifiseer; of wie te oud is vir die SAMRO Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie.

“Die groot onderskeidende element van dié kompetisie is dat die voorste ses finaliste sake vir die wentitel uitspook met die begeleidin van die KFO by ‘n galakonsert op Saterdag 13 Oktober,” sê Maas.

Alle deelnemers neem aan die eerste twee rondes deel, waarna ‘n maksimum van 12 spelers na die derde ronde deurdring op Donderdag 12 Oktober. Die ses finaliste repeteer hulle final ronde stukke die Vrydag met die KFOT resident dirigent, Brandon Philips.

Die beoordelaarspaneel bestaan uit Michael Maas (voorsitter­); Prof Ella Fourie (klavier); mnr Vaughan Pietersen (Hoof van die Frank Pietersen Musiekskool, Paarl); Prof Nina Schumann van die Universiteit van Stellenbosch (klavier); Prof Corvin Matei (Hoof van fluit en dirigering van die Universiteit van Stellenbosch); me Khanyisile Mthetwa (fluitdosent by Wits Universiteit); mnr John Theodore (klavier); me Polina Burdukova (strykinstrumente) and Dr Becky Steltzner (houtblaasinstrumente by die Universiteit van Kaapstad).

Die NJMs se visie is om jeugmusici te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel. Daarom nooi die stigting voormalige mededingers om deel van ‘n skadujurie te wees en sodoende ‘n nuwe generasie van beoordelaars op te lei. Die skadujurie word gelei deur Prof John Hinch, fluitspeler en emeritus professor van die Universiteit van Pretoria.

Die finaliste se galakonsert op 13 Oktober begin om 19:00. Kaartjies kos R120, R90 vir pensioentrekkers, student en leerders. Besprekings by Computicket 0861 915 8000, Shoprite en Checkers winkels, of aanlyn by www.computicket.com.

Toegang is gratis by die eerste drie rondes van 9 tot 11 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium.

Lewer kommentaar

Leave a Reply