Hierdie stuk kyk met ’n satiriese oog na Afrikaners in hul gemaksone, lewer kommentaar op geslagsgelykheid, homofobie en magsmisbruik.
’n Lewensmoeë, deeltydse geskiedenisonderwyser gee sý weergawe van wêreldgebeure met drastiese gevolge, terwyl Lady Rugga haar manlike kollegas touwys maak.
’n Blou Bul-braai in Pretoria neem ’n onverwagse wending terwyl Louise en Peter op hul eerste Tinder-afspraak ontdek die liefde is bipolêr.
Gebaseer op die skets-komedietradisie van Monty Python en die komiese eenbedrywe van Christopher Durang.
* Debuut *
Met: De Klerk Oelofse, Roeline Daneel en Ludwig Binge
Regie: Wessel Pretorius
Teks: Ludwig Binge
My mense is die kluts kwyt
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R110
Plek: ATKV C6 POK, Potchefstroom
Datum: 2 Okt 20:00 3 Okt 10:00 4 Okt 16:30 5 Okt 13:30 6 Okt 10:00
My mense is die kluts kwyt

My mense is die kluts kwyt
Roekeloos
2.5
