’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timotheé Chalamet, op die stel van Call Me by Your Name.

’n Mot met die hart van ’n vlinder probeer ’n verhouding aankoop met ’n kersvlammetjie gedurende die onsekere dae van beurtkrag.

’n Depressiewe spinnekop betree die wêreld van mededingende klopdans in ’n poging tot selfaanvaarding.

David Viviers en Wessel Pretorius keer terug met drie nuwe verhale oor drie onwaarskynlike helde. Dit is ook Viviers se terugkeer na die verhoog ná twee jaar op die gewilde kykNET-sepie Binnelanders.

Regisseur en skrywer: Wessel Pretorius

Spelers:  Wessel Pretorius en David Viviers

Verhoogbestuurder: Wicus Louw

75 minute

Ouderdomsbeperking: Geen o/14 (Taal)

Dinsdag, 23 Julie 2024  by Die Boer teater restaurant in Durbanville om 20h30. Kaartjies kos R190 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

n Lewe in die dag van n vrugtevlieg 2024
David Viviers in ‘n Lewe in die dag van ‘n vrugtevlieg

Lewer kommentaar

Leave a Reply