Hans Gouws – in sy dertigs, ’n veiligheidswag – spandeer sy agtste Paasnaweek in ’n ry aan diens by We Crate You Up Storage Solutions. Alleen.
Alleen pla nie vir Hans nie – sê hy altyd. Terwyl Hans gemaklik met die winkelpop in die hoek gesels, voel dit vir Hans asof hy alles reeds uitge-figure het. Hy het sy keuses gemaak en vrede gemaak daarmee. Hy is, volgens hom, gelukkig en tevrede. Niks pla vir Hans nie en niemand pla vir hom nie.
Dan – sonder waarskuwing – verskyn Man. Wat presies Man daar doen (en waarom hy nie wil weggaan nie) weet Hans nie – nóg nie. Al wat hy weet, is dat Man antwoorde soek en hy gaan nêrens tot hy dit gekry het nie.
Nagskofkliek probeer verstaan hoe dit moet wees om ’n koppie tee te drink saam met die weergawe
van jouself wat jy nog altyd gedink het jy wil wees en wat gebeur as jy nie meer vir jouself kan jok nie.
Uit die pen van Retief Scholtz.
* Debuut *
Genre: Komiese drama
Met: Albert Pretorius en Melt Sieberhagen
Teks: Retief Scholtz
Regie en stel: Etienne Fourie
Tegniese regisseur: Lize van Rooyen
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 OB
Tydsduur: 70 minute
Datum en tyd: Wo 26 Jun 10:00; Do 27 Jun. 16:00; Vr 28 Jun 09:00; Sa 29 Jun 14:00
Venue: Laeveld Laerskool Prys: R142