Mobile? ’n Stuk waar die akteurs en gehoor deur die strate van Pretoria beweeg.
Onskuld – ’n Mobile Thriller is ’n produksie deur die Vye Vreet Theatre Collective, onder regie van Quintin Wils. Die teks is deur drie skrywers: Jannes Erasmus, Corné Joubert en Johann Smith.
Die gehoor klim in verskillende motors saam met die akteurs om die storie van dié sielkundige riller te ontrafel. Die gehoor help ook om die reeksmoordenaar op te spoor.
Onskuld – ’n Mobile Thriller is in Pretoria van 15 tot 25 Oktober. Kaartjies is R100 en daar is net ’n paar beskikbaar vir elke vertoning. Bespreek by 084 525 9585.
Met: Carina Nel, Nina Marias, Stephanie Gericke, Vianney Farmer, Jannes Erasmus, Mareli Jooste en Tiaan Slabbert.
