Die sirkel van bekende dinge

Die sirkel van bekende dinge,
Roekeloos,
11 Oktober


Billy se draaktatoe sal skewe kyke lok op die Karoodorpie waarheen sy gesin verhuis.

Dis moeilik om in te pas as jou pa die nuwe polisiekolonel is en jou ma haar pille saam met wyn sluk.

Voordat Billy vir Sue ontmoet, wat hom laat droom in ’n aweregse wêreld, bied die gangster Ou Joe se bordeel ’n vreemde troos vir trokdrywers én nuuskierige seuns. Ou Joe beplan om iets hier na te laat voordat hy sy finale geveg met die groeiende kanker in sy maag het.

Ná ’n bloedige nag is Ou Joe se plek in die kolonel se visier en moet Billy stelling inneem terwyl goed en kwaad nog kant kies.

In die styl van ’n moderne western is Johan Vlok Louw se roman vol driftige jonges, motors en gewere. Die boek is ’n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoolandskap waar die verhaal afspeel.

Die boek is ook beskikbaar in Engels as Karoo Dusk.

Die sirkel van bekende dinge
Die sirkel van bekende dinge
Koop / Buy Die sirkel van bekende dinge >> (sagteband)

Koop / Buy Die sirkel van bekende dinge >> (eBoek)

Die sirkel van bekende dinge / deur Johan Vlok Louw — Umuzi, Augustus 2014 — 240 p. ; sagteband. — ISBN 9781415206980

 

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply