Ray Cooney se Funny Money in 2013 in Afrikaans as My Vrou se Man se Lyk se Tas opgevoer – vertaal deur Peet van Rensburg.
Dit is die eerste keer dat hierdie produksie in Suid-Afrika aangebied word. Ray Cooney is ’n meester van die klug. Sy Run for your Wife speel al langer as 25 jaar in Londen se West End en Peet van Rensburg het ’n wonderlike Afrikaanse vertaling gedoen in My Vrou se Man se Vrou. My Vrou se Man se Vrou het in 2012 voor vol teaters regoor Suid-Afrika gespeel en verskeie toekennings ingepalm. Dit is onder andere aangewys as die Gewildste Produksie by die Innibos Kunstefees in Nelspruit.
Henry Perkins, ‘n tipiese voorstedelike rekenmeester, ruil op die trein per ongeluk sy tas met die van ‘n ander man om, net om uit te vind dat die tas ‘n klein fortuin bevat! Henry vertel sy niksvemoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gehoop het nie. Gou sluit hulle beste vriende by hulle aan, asook ‘n polisieman wat agter die deur staan, ‘n ander polisieman op die jag en die gevreesde misdaadbaas wat gekom het om sy geld op te eis. Voorsienbaar, gryp die onvoorsiene in en wat volg is ‘n dolle vaart van histeriese humor!
Chris van Niekerk speel die hoofrol van Henry Perkins wat die tas vol geld omruil.
Oudisies vir van die rolle word gehou op Donderdag, 14 Februarie by Emperors Palace gehou. Lefra Produksies ontvang graag aansoeke vir die volgende rolle:
1. Betty Johnson – Opgeruimde, lewenslustige vrou (25 tot 40).
2. Vic Johnson – Betty se parmantige man met voete van klei; lank, maer, stadig van begrip, lomp en geneig tot oorspannenheid (25 tot 40).
Die regisseur mag besluit om ‘n jonger paartjie in die rolle van die Johnsons te gebruik. Die Johnsons is egter huisvriende met die Perkinse – so nie te jonk nie, of hulle moet net nie te jonk lyk nie
3. Speurder Slater – ‘n Verstrooide, maar besorgde wese met ‘n goeie siel … tot hy sy humeur verloor (20 tot 35)!
Die stuk speel af op ‘n wintersaand in Henry en Jean Perkins se huis in Fulham, ‘n woonbuurt in suidwes Londen, geleë op die noordelike oewer van die Teemsrivier, tussen Putney en Chelsea. My Vrou se Man se Lyk Se Tas gaan vanjaar vir 18 weke regoor Suid-Afrika opgevoer word.

Akteurs wat oudisies wil kom aflê, kan gerus hulle CV’s aanstuur aan admin@lefra.com of faks na 086 619-0442. Nie alle aansoeke gaan outomaties genooi word vir die oudisie nie, maar slegs diegene wat ons geidentifiseer het. Jy sal gekontak word indien jy vir ‘n oudisie genooi word. Vir meer inligting skakel Charl Senekal by 011 815 3000.