Parkamampoer

Parkamampoer is ’n komedie oor Afrikaners in die vreemde. Dit bied ’n kykie op wie en wat ons is en hoekom ons altyd dit sal bly wat ons is. Selfs al is ons derduisende myle van die huis.

Tobie Cronjé vertolk die hoofrol van Coenie wat teenspoed in die vreemde optel. Sy vrou en dogter verlaat hom, hy is sy pos as dosent kwyt, die belastinggaarder soek sy bloed en hy kom tot ’n skok agter dat sy rekenmeester verdwyn het en nooit sy belastinggeld oorbetaal het nie.

Coenie klim in ’n kas in sy sitkamer en weier om uit te klim. Sy suster uit Suid-Afrika (gespeel deur Amor Tredoux) pak haar tassies en besluit om drasties aksie te neem. En wanneer daar nog ‘n ander Kanadees – ene Koos van der Merwe (gespeel deur Pierre Breytenbach) – ook in die prentjie kom, spat die vonke. En dit is waar die pret en die toneelstuk begin.

Hierdie opvoering beloof om nie net die teatergangers te laat krul van die lag nie, maar ook in deernis ’n traan weg te pink.

Innibos se opdragproduksie is ’n móét vir elke feesganger.

innibos 2009

Met Tobie Cronjé, Amor Tredoux en Pierre Breytenbach
Teks: Harry Kalmer
Regie: André Stolz
Gradering: Volwassenes (T)
Datum en tyd: Wo 1 Jul 19:00, Do 2 Jul 11:00, Vr 3 Jul 19:00, Sa 4 Jul 10:00
Venue: Nelspruit Stadsteater
Tydsduur: 80 min
Prys: R87
Debuutproduksie

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar