Poppie en Bongo

Poppie en Bongo is die hoofkarakters van ‘n kraakvars, prettige, eg Afrikaanse produksie vir kinders en almal jonk van gees. Dit fokus op die vriendskap tussen Poppie en Bongo en hulle maltrap avonture.

In hierdie musiek- en dans-produksie maak die gehoor kennis met boesemvriende Poppie, die koei, en Bongo, die hond. Hulle is op pad om hul pikkewyn-maatjies, wat vasgevang is op ‘n olie-besmette eiland, te hulp te snel. Onderweg gooi hulle gou ‘n Kaapse draai en vermaak almal met hulle pittige humor en lekker saamsing-liedjies.

Poppie en Bongo is ‘n Bongopop Media skepping en word na die verhoog gebring deur Spektrum Kinderteater. Hierdie unieke produksie is ‘n lewensgrote interaktiewe poppespel wat Suid-Afrika sal betower.

Hulle eerste CD is ook beskikbaar en beloof om ‘n treffer by elke Afrikaanse gesin te wees!

Poppie en Bongo is 28 Januarie by die Ou Meulteater in die Paarl. Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Poppie en Bongo
Poppie en Bongo

Lewer kommentaar

Leave a Reply