Rocco en Sergio

Rocco de Villiers -pianis, vervaardiger en skrywer van die beroemde SA skemerkelkie boek rocktails gaan vermaak, met musiek wat wissel tussen die passievolle, sensuele en melankoliese klanke van die Paryse straatkafee´s uit die twintigerjare tot die Tango wat groot aanhang in die kroeë van Buenos Aires geniet. Rocco se verhoogmaat is die akkordeonmeester, Sergio Zampoli.

Buiten vir die musiek (met beroemde stukke soos "Under Paris Skies", "Don’t Cry for me Argentina", "Tango" uit Scent of a Woman en "Jealousy Tango"), gaan Rocco ook staaltjies uit sy kinderjare met gehore deel. Kom geniet die musiek in "bistro"-styl.

Lewer kommentaar

Leave a Reply