Hierdie is die verhaal van ‘n 50-jarige transgender persoon van die Kaapse Vlaktes.
Vandag is die dag waarvoor sy al jare wag: haar “gender re-assignment”. Met die openingstoneel sit sy in onderklere agter ‘n naaimasjien, besig om ‘n rok aanmekaar te stik terwyl sy ‘n Black Label en sigaret geniet.
Sy deel met ons van haar mees intieme herinneringe, haar ouers, haar ma se kêrel, die liefde van haar lewe, haar eerste beauty pageant, tyd op die straat en haar soeke na identiteit.
Rokkie is ‘n hartseer storie, vol hoop. Ongeag hoe hartseer die lewe kan wees, is daar altyd ‘n silwer rand om die donker wolkie.
Met: Charlton George
Regie: Lee-Ann van Rooi
Teks: Denver Breda
Raadgewend: Hennie van Greunen
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/16 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R55/R110
Plek: kykNET-teater, Kunstekaap, Kaapstad
Datum: 27 – 30 April 2018
Suidoosterfees 2018
Rokkie
Rokkie
Roekeloos
2.5