Sê jy ek’s dik?

“Dames en here, ons lyk soos bere, ons vreet appels en pere, koek en lewer Weigh-Less vergewe, dames en here …”

Die ou gesegde lui dat die waarheid die reinste is uit die mond van die suigeling. In die kabaret word die gesegde getoets tot sy uiterste. Nie net is die waarheid wat aangespreek word ‘n gevoelige een nie, maar die vier kunstenaars betrokke by die teks is ook baie jonk.

Sê jy ek’s dik? is ‘n snit uit die lewens van Amanda en Susan, twee oorgewig (kom ons sê maar vet) dames. Hulle vertel tussen happe deur van hul daaglikse struwelinge met hul “gewigsvoordeel”. Hier ruk hul alles uit, van ooreet tot die dieet. Hul dans met passie en sing met oorgawe tot die vet vrou die fan strike.

Hierdie teks deur Marteni Burger, konfronteer die gehoor met die ware vet. Die karakters word vertolk deur Yolande Rabe (van Faan se Stasie-faam) en Marika Reinke, met regie en musiek deur Louis Loock.

Lewer kommentaar

Leave a Reply